Welkom by Die Musiek-Akademie

Die Musiek-Akademie het sy onstaan gehad in Augustus 1988 onder die  naam “ALMSA – Akademie vir Ligte Musiek van SA”en is gestig deur Mnr Pieter van der Merwe wat as Registrateur opgetree het. As deel van die 30ste bestaansjaar in 2018, het Die Musiek-Akademie ‘n transformasie ondergaan wat ingesluit het: nuwe  bestuur, nuwe kleurskema, hersiende logo, nuwe webblad en die  belangrikste verandering is die bekendstelling van ‘n nuwe leerplan, vir  instrumente.

Die Musiek-Akademie is ‘n onafhanklike instansie wat nasionale eksamens bied in Kontemporêre, Jazz & Gospel Musiek in Suid-Afrika. Eksamens word die afgelope 30 jaar plus, in verskeie sentras, drie keer per jaar deur Suid-Afrika gehou.

Die Musiek-Akademie se unieke benadering tot musiek opleiding het bewys dat eksamens nie net gerig wees op erkening vir toegewyde harde werk nie maar moet ook aangenaam en in ‘n ontspanne atmosfeer geskied.

Please wait while flipbook is loading. For more related info, FAQs and issues please refer to DearFlip WordPress Flipbook Plugin Help documentation.

Klavier Sillabus Aanpassings

Die huidige sillabus reeks is as ‘n konsep sillabus gedurende 2018 geloots, met ‘n 2 jaar proeftydperk. Gedurende hierdie tydperk is daar waargeneem dat sekere veranderinge tot die sillabusse sal moet geskied. Daar word tans gewerk om die nodige veranderinge in die publikasies. Gedurende 2021 sal die publikasies bekend gestel met hierdie veranderinge. Eratas sal ook beskikbaar gestel word vir publikasie wat reeds in gebruik is. Onderwysers word versoek om hierdie Eratas deur te gee aan kandidate.

Toekoms Beplanning

Hulpmiddels

Insamewerking met verskeie instansies asook skrywers gaan daar binnekort verskeie hulpmiddels vir onderwysers beskikbaar gestel word. Meer inligting sal op die Onderwysers blad beskikbaar wees.