Met ingang 2021 sal daar slegs 2 formate wees met betrekking tot die afleg van eksamens. Hierdie sal as volg wees:
1) Video opnames: Kandidate word opgeneem deur die betrokke onderwysers volgens voorgeskrewe riglyne. Hierdie opnames word dan deur gestuur na die Akademie vir eksaminering.
2) F2F – Face 2 Face: Hierdie eksamering sal plaasvind waar daar sleg 15 of meer kandidate ingeskryf is deur ‘n betrokke sentrum en of onderwyser. Indien daar nie aan die minimum van 15 kandidate voldoen word nie sal die inskrywings na ‘n Video Opname sessie verander.
Die volledige uiteensetting ten opsigte hiervan verskyn in die aangepasde Reëls & Regulasie Handleiding.
Eksamen Fooie: Daar is aanpassings gemaak ten opsigte van eksamen fooie betaalbaar. Volledige uiteensetting hiervan sal vanaf 1 Januarie 2021 beskikbaar wees. Kennisgewings sal per Epos, Nuusbrief, Whatsapp, Webblad asook Facebook beskikbaar gestel word. Nuwe inskrywings vorms sal ook aflaaibaar in PDF formaat beskikbaar gestel word.