Weens die Covid-19 Pandemie, was ons genoodsaak om aanpassings te maak ten opsigte van die afneem van eksamens. Voortaan gaan daar van twee formate gebruik gemaak word. Beskrywings verskyn onder die Eksamens afdeling.
Wie is ons
Die Musiek-Akademie bied ‘n gegradeerde eksamenstelsel aan in verskeie instrumente onderandere: Klavier, Klawerbord, Kitaar, Blaasinstrumente, Blokfluit, Viool, Trom, Dwarsfluit, Trekklavier, Orrel, Sang asook Musiek Teorie.
Sillabus Saamstelling
Die sillabusse bestaan uit die volgende afdelings: Tegniese werke, Bladlees, Gehooropleiding, Improvisasie asook Voordragstukke soos voorgeskryf.
Die improvasie afdeling is so ontwikkel sodat dit korrekte tegniek middele beskikbaar stel aan kandidate. Kandidate word opleiding vir die toepassing van hierdie tegnieke in die voordragstukke.
Deur gebruik te maak van hierdie proses, word kandidate nie net opgelei hoe om hulle eie musiek styl te ontwikkel maar hulle kreatiwiteit word ook ontwikkel. Kandidate word as onafhanglike musikante ontwikkel en nie as nabootsers van die onderwyser en of komponis nie.