+1514-2861-23
Die Musiek-Akademie

Vraag & Antwoord

Indien hierdie vraag & antwoord nie u nodige vrae beantwoord nie kontak ons gerus.

Huidiglik is die volgende beskikbaar:
Klavier
Klawerbord
Kitaar
Viool
Sang
Blokfluit
Teorie

Die Musiek-Akademie bied die volgende formate aan: Face 2 Face Video Opname Skype
Die Musiek-Akademie bied 3 sessies per jaar aan nl: Februarie/Maart Mei/Junie Oktober/November
Die eksamen inskrywings vorm kan afgelaai word vanaf die eksamens bladsy of kan verkry word per epos vanaf eksamens@musiekakademie.co.za
Afhangende van die formaat soos volg: Face 2 Face – Onmiddelik Video – Binne 14 dae na ontvangs van video formaat Skype – Binne 7 dae na afleg van eksamens Vanaf 2021 kan Sertifikate per epos gestuur word of kan afgelaai word vanaf die onderwysers profiel. Hierdie profiel diens sal inwerking tree met ingang vanaf 1 April 2021.
Onderwysers registreer deur slegs die nodige registrasie vorm te voltooi. Hulle word dan op die databasis geplaas. Daar is geen kostes aan verbonde nie.
Alle vereistes soos wat vereis word per afdeling in elke graad word volledig uiteengesit in die publikasies.
Die bestelvorm vir die publikasies is aflaaibaar vanaf die publikasiesblad of kan verkry word per epos vanaf publikasies@musiekakademie.co.za